poslat odkaz na aplikaci

Kleure met Vuurhoutjie


4.0 ( 2240 ratings )
Zábava Knihy
Vývojář: Vuurhoutjie Produksies (Pty) Ltd
2.99 USD

Kom leer saam met Vuurhoutjie die kleure.

Vuurhoutjie is ’n lewenslustige, energieke en vurige mannetjie wat brand om jou te leer.

Die alombekende stem van Magda van Biljon bring nuwe lewe aan die kleure. Rooi, blou, geel, groen, oranje en pers – alles in Afrikaans !

Hierdie program is hoofsaaklik gemik op leerders tussen die ouderdom van 2 en 5 jaar. Die interessante animasie sal egter jonger leerders se aandag ook behou, terwyl ouers leerders kan baatvind daarby om hulle kennis van kleure te verskerp.

Deur middel van herhaling, assosiasie en die opwindende animasie sal jou kleuter die kleure op ’n speelse manier baasraak – beide op ’n visuele en ouditiewe vlak.

Die program is uiters gebruikersvriendelik en leerders behoort sonder ouerleiding die program te kan gebruik.

Dit moet vir elke kind so opwindend wees om die wêreld van kleur te ontdek. Kom leer saam met Vuurhoutjie en gee jou kind speel-speel ’n voorsprong!

Hierdie toepassing funksioneer die beste op ‘n iPad Mini 1, 2, 3 en 4, iPad 3, iPad met Retina, iPad Air en iPad Air 2.